Wanneer kom ons troudag, Gertji, Gertji?
Hoe’s dit dan so stil met jou?
Ons is so lank verloof al, Gertji, Gertji!
Dit is tyd dat ons gaat trou.
Gloo toch Gertji, ik sal nooit ni, nooit ni,
Nog langer aan jou sleeptouw bly ni, bly ni,
Jy denk miskien: ik kan ni dood ni, dood ni;
Maar my jare gaat voorby”.
‘kHoor, jy is verliefd op Sari, Sari,
Maar die pret moet jy laat staan!
Pas maar op voor Pietr en Dani, Dani:
Hul is kèrls, wat so maar slaan.
Gloo toch Gertji, ik sal nooit ni, nooit ni,
Nog langer aan jou sleeptouw bly ni, bly ni,
Jy denk miskien: ik kan ni dood ni, dood ni;
Maar my jare gaat voorby”.
Jy weet, as ons Zondags kuier, kuier,
Achter om die kop voorby,
Dan sê ek: Nonni, lich jou sluier, sluier:
Kom en gee ’n soen ver my.
Gloo toch Gertji, ik sal nooit ni, nooit ni,
Nog langer aan jou sleeptouw bly ni, bly ni,
Jy denk miskien: ik kan ni dood ni, dood ni;
Maar my jare gaat voorby”.
Gertji, al die soentjes help nie, help nie,
Kijk ver Pieter en ver Griet:
Vandaag wil hul mekaar ni hê ni, hê ni:
Al die soentjes is ver niet.
Gloo toch Gertji, ik sal nooit ni, nooit ni,
Nog langer aan jou sleeptouw bly ni, bly ni,
Jy denk miskien: ik kan ni dood ni, dood ni;
Maar my jare gaat voorby”.
Ons moet dan die pret maar staan laat, staan laat,
Ons moet maar die soen laat bly;
Ek sal myn ei’e pad dan kry maar, kry maar,
En jy kan naar Sari vry.