Sarie Marais

Mij Sarie Marais is zo ver van mij hart,
Maar’k hoop haar weer te sien.
Sij het in die wijk van die Mooirivier gewoon,
Nog voor die oorlog het begin.

O, breng mij trug na die ou Transvaal, Daar waar mij Sarie woon,
Daar onder in die mielies bij die groen doringboom, Daar woon mij Sarie Marais,
Daar onder in die mielies bij die groen doringboom, Daar woon mij Sarie Marais.

Ek was so bang dat die kakies mij sou vang
En ver oor die see wegstuur;
Toe vlug ek na die kant van die Upingtonse strand,
Daar onder langs die Groot rivier.

O, breng mij trug na die ou Transvaal, Daar waar mij Sarie woon,
Daar onder in die mielies bij die groen doringboom, Daar woon mij Sarie Marais,
Daar onder in die mielies bij die groen doringboom, Daar woon mij Sarie Marais.

Verlossing het gekom en die huistoekeer was daar,
Trug na die ou Transvaal;
Mij liewelingspersoon sal seker daar ook wees
Om mij met een kus te beloon.